As ons ‘n huwelik was, is begin uitkyk vir ietsie van goud; was ons ‘n motor, is al amper van ons as vintage gepraat. En was ons ‘n swak bottel rooiwyn, dan was ons nou suur, sommer baie suur.
Maar nou is nie een van ons suur nie, ons sien eerder trots en glimlaggend en halsreikend uit na hierdie mooi skool van ons se vyftigste verjaarsdag wat volgende jaar aanbreek.
Ja, Die Hoërskool Menlopark en Johnny Depp was saam in die doeke; toe die Beatles hul eerste langspeler uitgereik het, het hoërskoolseuns en –dogters in die ooste van Pretoria geoefen aan hul spiksplinternuwe skoollied.
Fotobron |
Ja, Die Hoërskool Menlopark en Johnny Depp was saam in die doeke; toe die Beatles hul eerste langspeler uitgereik het, het hoërskoolseuns en –dogters in die ooste van Pretoria geoefen aan hul spiksplinternuwe skoollied.
Dit was ‘n opwindende jaar daardie. En elkeen wat daarop gevolg het, het daarop voortgebou om ons te bring waar ons vandag staan – een van die voorste skole, nie net in Pretoria nie, maar die hele Suid-Afrika.
Suid-Afrika het self ‘n lang pad gestap sedert die Rivonia-verhoor in 1963 begin het, maar na ons beskeie mening het Die Hoërskool Menlopark nog verder gestap.
En om dit alles te vier, beplan ons, nie sommer net ‘n verjaarsdagfees nie, maar ‘n verjaarsdagfeesjaar – ‘n goue jubileumjaar soos die Britse Koningshuis ons dit nie sal kan nadoen nie (en die NP toe nooit die geleentheid gehad het om te doen nie).
Nie suiwer omdat ons wil nie, maar omdat die skool en sy lieflike verlede, elkeen wat hier op skool was, elkeen wat hier op skool is, en elkeen wat in die toekoms nog hier op skool gaan wees, dit verdien.
Nie suiwer omdat ons wil nie, maar omdat die skool en sy lieflike verlede, elkeen wat hier op skool was, elkeen wat hier op skool is, en elkeen wat in die toekoms nog hier op skool gaan wees, dit verdien.
As jy daarom nie gepla is oor die feit dat ek jou pas as “jy” in plaas van “u” aangespreek het nie, en “ja” geantwoord het op enige een (of selfs geeneen nie) van die lawwe vrae wat gesels per e-pos ingelei het, gee ek graag amptelik en formeel, volgens die Romeins-Hollandse Reg meer as twee weke voor die tyd, hiermee kennis dat ek jou, of jou wederhelf, nooi na die amptelik en baie formele stigtingsvergadering van:
Die Hoërskool Menlopark
Goue Jubileum
se
Absolut Menlo
Halfeeufeesjaar-feeskomitee.
Hierdie vergadering van DHM-GJ-AM-HFFK sal plaasvind op Woensdag 28 Maart en 18:00 afskop. (Ons beloof om daardie aand aan ‘n nuwe naam te werk.)
Almal, met die uitsondering van die halfpad-gevrektes (omdat hul gevaar loop om hulself dood te werk) is welkom. Die res van ons onderneem om ons beslis nie af te sloof in slawerny nie – maar om net lekker saam te werk.
Onthou - die groot werk is hiérdie jaar – volgende jaar sit ons terug en pluk die vrugte – so moenie dink jy hoef nie te kom omdat jy nie volgende jaar meer ‘n kind hier by ons op skool het nie, of omdat jy geen kind by ons op skool het nie. Dis geen voorvereiste nie. As jy trouens weet van ‘n trotse oud-Parkie sonder enige huidige verbintenis met die skool, vra ek jou, smeek ek jou, om asseblief hierdie e-pos en skakel vir hom of haar aan te stuur.
En daar loop ons nou weer gevaar om die ouers wat nie oud-Parkies is nie, in hul dop te laat kruip. Moet asseblief nie – ‘n ieder en ‘n elk met ‘n hart (ons praat nie van hande en voete of beursies nie, ons praat van ‘n hart!) vir Menlopark is welkom.
Laat weet asseblief net per kerende e-pos van jou voorneme om wel die vergadering by te woon.
Laat weet ook as jy nie daardie betrokke aand hier kan wees nie, maar op hoogte wil bly en dalk later by ons wil aansluit.
Laat weet ook as jy nie daardie betrokke aand hier kan wees nie, maar op hoogte wil bly en dalk later by ons wil aansluit.
Ons sal dan per e-pos laat weet waar op die skoolterrein die vergadering gaan plaasvind – dit sal ‘n harsteer dag wees as ‘n klaskamer die aand groot genoeg is, hopelik is dit die personeelkamer, die ouditorium, die saal of die paviljoen. Maar moenie verbaas wees as ons genoop word om die vergadering na die Stad- of Skilpadsaal te verskuif nie.
Dit is mos immers nou maar een maal hoe ons Parkies is: ons streef die hoogste na!
Dit is mos immers nou maar een maal hoe ons Parkies is: ons streef die hoogste na!
Die belangrikste van alles, of jy nou 'n Parkie was of is, of jy kinders hier het, hier had, of nie het nie en nie had nie: teken asseblief hier onder, by FOLLOW BY EMAIL, in om kennis te ontvang van enige bloginskrywings op hierdie blog.
Ons het reeds staaltjies en stories ontvang met die oog op 2013 se herdenking. Die gedagte is om die matrieks wat elke jaar die dik boek geteken het (na net mooi 50 jaar is hy nou ook vol) se name en handtekeninge hier te plaas. Miskien plaas ons brokkies uit die ou jaarblaaie.
En dan sal terugvoer en vordering rondom die feesjaar ook hier bygehou word.
Enige verdere voorstelle word waardeer.