Thursday 26 April 2012

Hierdie week 45 jaar gelede

Ek is weliswaar ‘n dag of wat uit, maar darem nie ‘n hele week nie.
Ek kan nie onthou wanneer ons die laaste bivak met kadette in Suid-Afrika gehad het nie – as onderwyser wat lief is vir wegbreek en om dinge so bietjie te “rough” was die bivakke ‘n jaarlikse hoogtepunt.
Op skool het ek dit egter nie geken nie, miskien was daar, maar net vir die uitgeleses – en dan is ek as kadet regtig nie uitgeknip gewees om op ‘n bivak te gaan nie.
Toe ek in 1989 my onderwysloopbaan begin, was bivakke vir al die seuns die gebruik.
Ek verbeel my ons het na die demokratisering wat 1994 gekom het, nog ‘n jaar of wat bivak gehou, maar toe is dit ook verby.
En toe was die nuwe hoof in die moeilikheid, toe hulle die skyfskietgewere kom terugtrek en die gewere is nie in die kluis nie – dis weg. Dit was so hittete of hy is in boeie uit sy kantoor weggelei.
Te oordeel aan die foto’s op Skurweberg, was ‘n bivak in daardie jare nog wat ‘n bivak volgens die woordeboek is – ‘n militêre tentekamp in die veld. Ek glo die seuns het daardie tente self opgeslaan.
In 1989 is die seuns in bungalows ingejaag.
Ek hoop die foto’s krap herinneringe in iemand oop wat lankal sy of haar Eggo van daardie jaar weggegooi het.
En kan iemand my sê of die Tweede Luitenant A.S. Theron dieselfde meneer Adolf Theron is wat ek as hoof van die Kuns Musiek en Balletskool (later met die handelskool saamgesmel onder die naam Pro Arte Alphen Park) leer ken het? Ek verbeel my iemand het laat val dat die man hier by ons Wiskunde of so iets gegee het.
En dan wonder ek wat het met die –S gebeur by die Studente-offisiere se byskrifte? Kyk mooi, die laaste twee of wat –s’e is missing in action.







Tuesday 24 April 2012

1976

In ‘n neutedop is 1976 twee dinge:

Op 5 Januarie begin die SAUK met sy heel eerste televisieuitsendings.



Op 16 Junie sterf Hector Peterson.




Maar daar was meer. Sommige van die vorige jaar of wat se matriekseuns sal name soos “Brug 14” en “Ops Savannah” onthou. Maar in ’76 ontrek die weermag egter vir ‘n wyle uit Angola. Dis ook die begin van Koeberg-kernkragsentrale wat met Franse tegnologie opgerig is.

Nie dat die matrieks hulle aandag 100% hierop sou gefokus het nie.

Op die musiekfront het ons daardie jaar 5 Suid-Afrikaanse liedjies onder die 20 top treffers is. Hulle is:

I WON'T GIVE UP - Bruce Millar
RAMAJA - Glenys Lynne
SONDER JOU - Ian & Dix
ONE DAY AT A TIME - Marie Gibson
LET ME INTO YOUR LIFE - The Flood

Die ander treffers is:

LADY IN BLUE - Joe Dolan
DON'T GO BREAKING MY HEART - Elton John & Kiki Dee
DECEMBER '63 (OH WHAT A NIGHT) - The Four Seasons
FERNANDO - Abba
DARLIN' - David Cassidy
LET YOUR LOVE FLOW - The Bellamy Brothers
DANCING QUEEN - Abba
I HATE THE MUSIC - John Paul Young
YOU'LL NEVER FIND ANOTHER LOVE LIKE MINE - Lou Rawls
DEVIL WOMAN - Cliff Richard
ROCKY - Austin Roberts
I'LL RETURN - Michael Holm
SOMEWHERE BETWEEN - The Tumbleweeds
FATTIE BOOM BOOM - Carl Malcolm
HAPPY TO BE ON A ISLAND IN THE SUN - Demis Roussos

Ander gewilde sangers, sangeresse en groepe was:

Popular Musicians and songs
Bay City Rollers
Barry Manilow
Diana Ross
Paul Simon
The Four Seasons
Paul McCartney and Wings
Elton John
Rod Stewart
Queen
Op die fliekfront onthou ons vandag nog One Flew Over the Cuckoo's Nest, All the President's Men en die eerste Rocky.

Voor die kassie kyk ons, na gelang van hoe oud ons is, na:

Haas Das se Nuuskas
The Dingleys
Willem
Die Kraaines
Dokter-Dokter
Blispatrollie
Maanbasis Alpha
Man van Intersek
Balke Toe
Captain and the Kings
Iron Horse
The Knicky Knacky Knoo Show
Mirage
Ouma kom help
Pop Shop
Rich Man Poor Man
Wielie Walie

En dan skryf party van ons nog matriek ook.

In die boek het ons regtig net die handtekeninge. Miskien was die gedagte om later hul name te gaan byskryf, maar ek is bevrees dit het nooit gebeur nie. Wie was die graadvoog van die matrieks? (Was daar toe al graadvoogde?)

Vir my die vreemdste is dat die numering by 66 begin. Vir wat sal ek nie weet nie.









Monday 23 April 2012

1967

In 1967 sien Tranvaal vir die eerste keer in jare weer sneeu, maar of dit in Pretoria gesneeu het sal ek nie weet nie.

Ek weet ook nie of jy geloot is vir die nege maande militêre diensplig waarvan ek lees, en of dit verpligte militêre diensplig vir elke wit jong man en skoolverlater was nie. Feit bly egter staan dat die jaar waarin Chris Barnard sy bekende hartoorplanting doen, ook die jaar is waarin militêre diensplig gekom het om vir ‘n lang tyd te bly.

Ook, sien ek, die jaar waarin Albert Luthuli op 69 te sterwe kom. En Boerneef.

Wie nie sterf nie, is Louis Washansky, die man op wie Dr. Barnard op 3 Desember daardie hartoorplantingoperasie uitgevoer het.

Ek was toe 3 en onthou daarvan niks, maar ek onthou die volgende twee langspelers in ons huis soos gister:



Beide langspelers het 'n opname van Timothy op, en beide haal die nommer een posisie op die Suid-Afrikaanse treffersparade met die betrokke liedjie. Ander treffers daardie jaar was:

SILENCE IS GOLDEN - The Tremeloes
I'M A BELIEVER - The Monkees
THE LAST WALTZ - Engelbert Humperdinck
SINGLE GIRL - Sandy Posey
THE SUN AIN'T GONNA SUN ANYMORE - Walker Brothers
GREEN, GREEN GRASS OF HOME - Tom Jones
I WAS KAISER BILL'S BATMAN - Whistling Jack Smith
SOMETHING STUPID - Frank & Nancy Sinatra
OU KRAALLIEDJIE - Groep Twee
REMEMBER WHEN - Max Bygraves
THAT'S MY DESIRE - The Hollies
RELEASE ME - Engelbert Humperdinck
SAVE THE LAST DANCE FOR ME - Gene Rockwell
THIS IS MY SONG - Petula Clark
PUPPET ON A STRING - Sandy Shaw
HA! HA! SAID THE CLOWN - Manfred Mann
A WHITER SHADE OF PALE - Procol Harem
LET'S LIVE FOR TODAY - The Grass Roots

Ek sal nie weet of elkeen van die flieks wat die Europese en Amerikaanse webwerwe aangee, wel in ons land uitgereik is nie, maar die volgende is wat ek raaklees:

The Dirty Dozen
You Only Live Twice
Casino Royale
A Man for All Seasons
Thoroughly Modern Millie
Barefoot in the Park
To Sir, with Love
In the Heat of the Night
Guess Who's Coming to Dinner

Ek onthou wel The Dirty Dozen en To Sir, with Love.

Onthou iemand die volgende twee tydskrifte uit daardie jaar:




En Patrys?


Ons matrieks het hulle natuurlik nie toe meer opgehou met iets soos Patrys nie. Hulle was:










Sommer vir die lekker, 'n treffer uit 1967 (as die rekenaar se klank aan is).