Saturday 21 July 2012

Toe kry ek hierdie e-pos

O, wat 'n lekkerte - ek ontvang die volgende berigte Vrydag per e-pos.

En ek word weer eens daaraan herinner dat 'n mens nou maar een maakl nie lou teenoor ons skool kan staan nie. Jy kan nie soortsvan of halfpad lojaal wees nie; jy is slegs een van twee dinge:  100% aan ons kant, of 100% teen ons gekant.

Maar eintlik is daar 'n derde:  587% aan ons kant. Ek dink in die verband byvoorbeeld aan die netbalafrigster, 'n oud-Parkie, op die foto. Die vrou rig vandat ek in 2000 hier aangekom het, steeds by ons af. Ek was hier op skool, ek was na matriek steeds betrokke, en ek is met al my eie kinders al klaar deur Menlopark, steeds betrokke.

Ook op die rugbyfoto herken ek name en gesigte wat ek meer as dertig jaar later in sleutelposisies by die skool leer ken het.

Dis miskien hoekom ek elke keer huiwer as ek die woord Oud-Parkie moet tik. Dit voel elke keer vir my dat daar nie iets soos 'n Oud-Parkie is nie - jy bly lewenslank 'n Parkie, of jy nou hier op skool is, en of jy dertig jaar gelede hier op skool was.

Ook, as ek kyk wie die berigte deurgestuur het, dan raak ek daarvan bewus.

Ek het die vakansie wat verby is, berigte oor die naam wat die e-pos van Vrydag vergesel, geplaas, berigte oor 'n trotse Parkie in murg en been. En hier is dit al die jare later, en hier is die mens nog net so lojaal soos destyds en stuur vir sy iets vir ons blog.

Dis lieflik om dit te kan beleef. Baie dankie.



Monday 16 July 2012

Voortrekkerkommando-stigting (1968)

Hierdie is 'n stukkie kosbaarheid wat toevallig by die skool beland. 'n Onderwyseres laat val toevallig by die een of ander teedrinkgeleentheid dat sy hier by ons skool hou. En daar is hierdie ouereige dame, reeds iewers in 'n ouetehuis, wie se oë en gemoed vol heimweë skiet. Nee, blyk dit, sy was in 1968 betrokke by die stigting van ons Voortrekkerkommando.

Hierdie dokument bewaar die dame (en ek lei af dis mevrou R Ackerman) sedert 1968.

Dis vir my 'n voorreg om dit vandag hier te kan deel. Ek hoop dit bring lieflike herinneringe by sommige Parkies tuis.

Ek maak ook van die geleentheid gebruik om alle lesers daaraan te herinner dat ek 'n voltydse onderwyser is, om hierdie blog aan die gang te hou, moet ek tyd afknyp, tyd wat nie altyd daar is nie.

Almal sal dit vreeslik waardeer as van die lesers staaltjies, of wat ook al, met die res van ons sal deel. Bydraes kan gestuur word aan hans.moolman@menlopark.co.za