Skrywers

'n Ma van een van my leerders wat ook hier op skool was,  het so drie jaar gelede (moontlik na 'n gedig uit die pen van 'n oud-Parkie wat ek met 'n seun of dogter van haar behandel het) genoem dat sy die name van die Parkies wat met woorde woeker, neergepen het.

'n Jaar of wat later het ek en sy een middag op toetspapier, in my klas, die oefening herhaal.

Ons lys was merkwaardig lank, dit het skrywers, digters en joernaliste ingesluit.

Daardie velletjie het helaas seker al twee jaar gelede tussen neus en oog verdwyn.

Maak asseblief van die kommentaar-gerief onder aan hierdie inskrywing gebruik om ons lys so volledig as moontlik te kry. Ek sal nie die kommentaar publiseer nie, maar die inligting gebruik om hierdie blad aan te vul.

  • Stephan Bouwer
  • Danie Marais
  • Marita van der Vyfer (tot 1974/st. 8)
  • Andre le Roux du Toit (Andre le Toit/Koos Kombuis)
  • MC Botha
  • Welma Odendaal
  • Joubert Malherbe
  • Karin Cronje
  • James Spies (1975)

3 comments:

  1. Marita vd Vyfer het ni by ons matriek geskryf nie. Sy was saam met ons wat in 1975 matriek geskryf het (nie 1976 nie). Sy het my onlangs gese dat haar ouers haar in 'n koshuis gesit het. (Ek kan ongelukkig ni meer onthou waar nie of tot wanneer nie. Eish ... die DerDom van die ouderdom!) Dink sy was net in menlo tot standerd agt.

    1975 Groep het nog skrywers opgelewer: Stefan Vermaak en James Spies (The Marion Deception - skrywersnaam: James J Andrews. Hy is ook 'n prokureur)

    ReplyDelete
  2. Nie Stefan Vermaak nie, maar Stefan Swanepoel. Hy is New York Times besverkopende skrywer en het meer as 20 boeke geskryf (Sy nuutste boek se titel is Surviving Your Serengeti). Hy is getroud met nog a parkie Era Senekal en hulle bly al baie jare in Amerika. Hule was altwee in 1975 in matriek.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Ek het toe nou nogal gewonder oor hierdie Stefan Vermaak. Dankie vir die inligting.

      Delete