Sportlui

Elke skoolsaal het sy galery met foto's van die Springbokke (ons moet seker van nasionale spelers praat) wat die skool opgelewer het.

Ek sal daardie name bywerk, maar daar is beslis ander uitblinkers wat nie noodwendig suiwer op nasionale kleure kan roem nie.

Die lys waarmee ek afskop, kom van hier af. Ek weet dis nie verteenwoordigend nie en sal so 'n lys graag hier wil bywerk.

Maak asseblief van die kommentaar-funksie gebruik om die lys aan te vul. Ek voorsien dat ek nie die kommentaar sal publiseer nie, maar die inligting sal gebruik om die bladsy by te werk.

  • Claudie van Onselen (née van Straten)(1970?) Springbok Atleet
  • Marianne van Wyk (1974), Springbok muurbalspeler
  • Reggie Holmes (1976), Springbok muurbalspeler
  • Johan Marais (1976), Springbok rugbyspeler
  • Henning Gericke (1977), Springbok atleet
  • Rudolph Straeuli (1981), Springbok afrigter
  • Jacques Olivier (1985), Springbok rugbyspeler
  • Gideon Louw (2005), Springbok swemmer
  • Eugenie Wicksell (2007), Springbok atleet
  • Carlien Scholtz (2008), Springbok danser
  • Kobus Moolman (2009), Springbok atleet
  • Rikenette Steenkamp (2010), Springbok atleet

6 comments:

  1. Ek het by hoe bome gepost oor Nicolaas Kruger. Saam met my in 1983 in matriek was Gerhard van der Walt, wat sommer in matriek sy senior sprinbokkleure vir swem gekry het. Hy was 'n kookwater vlinderslag swemmer.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Baie dankie, ek gee so deur.

      Delete
    2. Rudolph Straeuli wat soos julle se in 1981 in matriek was, het nie net die springbokke afgerig nie. Hy het self ook springbok rugby gespeel, ek dink 10 toetse.

      Delete
    3. Rudolph was in die 1995 Springbok span wat die wêreld beer gewen het. Hy was op die toe die eindfluitjie geblaas her in die final. Hy was net voor en tydens die 2003 wêreld beer die afrigter.

      Delete
  2. LOL - gegewe die obsessie met atletiek en rugby in die pre-van der Merwe era, was daar maar relatief min presteerders in vergelyking met muurbal, swem, kuns & kultuur ens. uit dieselfde era!

    ReplyDelete
  3. Lorraine Holmes, Reggie Holmes , Marainne v Wyk Muurbal. Ek dink Reggie was SA speler. Zane Burger, Helene en Elfrieda Maas S A hokkie. Dalene Boom
    Nzaaier S A Hokkie.

    ReplyDelete