Vir alle oud-Parkies sedert 1963. Streef steeds die hoogste na en stuur stories en staaltjies en brokkies onthou na hans.moolman@menlopark.co.za.
Saturday, 16 June 2012
Friday, 15 June 2012
20 Februarie 1971 (2)
Noem my maar 'n sot, maar ek is een van daardie mense wat 'n heerlike trip down memory lane neem as ek met advertensies uit my kinderdae konfronteer word.
Het ek in die Menlopark-omgewing groot geword, sou die volgende advertensies uit die atletiekprogram van 20 Februarie 1971 my met nostalgie en herinnering gevul het.
Miskien is daar nog 'n sot soos ek wat op lieflike paaie sal gaan stap, word hulle daarmee konfronteer. Ter wille van daardie een of twee plaas ek dan maar die advertensies ook.
En as die advertensies nie jou kos is nie, ek pos ook die itemlys sodat ander weer kan sien watter name en wedlope hulle onthou.
Het ek in die Menlopark-omgewing groot geword, sou die volgende advertensies uit die atletiekprogram van 20 Februarie 1971 my met nostalgie en herinnering gevul het.
Miskien is daar nog 'n sot soos ek wat op lieflike paaie sal gaan stap, word hulle daarmee konfronteer. Ter wille van daardie een of twee plaas ek dan maar die advertensies ook.
En as die advertensies nie jou kos is nie, ek pos ook die itemlys sodat ander weer kan sien watter name en wedlope hulle onthou.
En as iemand dan nog gewonder het waar ek aan die program kom, is dit nou duidelik. Constantia Uitrusters is steeds die verskaffer van ons skooldrag. |
Die hebbelikheid van die sewentigs om alles wat met hoofletters gespel moet word, met kleinletters te spel, is duidelik in hierdie advertensie. Maar wat wil meer 70's wees as die eye love-wimpers. En dit teen die absoluut bekostigbare prys van R1-95! |
Het "buiteverbruik" eers jare later "buiteverkope" geword, of was "buiteverbruik" maar net 'n pretensieuse woord om te gebruik. En dan wonder ek watter koopverenigings daar alles in 1971 was. |
Ons het vandag nog 'n Elsa's Pannekoek net om die draai van ons. Maar daardie Elsa kan onmoontlik hierdie Elsa wees. Soos ek dit het, het ons Pannekoek-Elsa 'n klompie jare gelede hier by ons skoolgehou. |
Thursday, 14 June 2012
Tuesday, 12 June 2012
Die tweede dekade
73
- Ses 4x4’s vetrek op ‘n akademiese uitstappie na Botswanna en die Kalahari
- Menlovaria-klub bring Skaespeare se Romeo and Juliet op die planke.
- Die leerlingtal groei in 10 jaar van 372 leerlinge tot 1076.
74
- Die atletiekspan staan na 8 interhoër5-oorwinnings as “Room van die volk” in die Eggo bekend.
- Na 11 jaar word daar begin met die oprigting van die pawiljoene, die R30 000 hiervoor plaas tartanbane opsy.
- ‘n Konvooi Landrovers vertrek op ‘n Okavango-toer, huis toe via Rhodesië (Zimbabwe) en die Victoria watervalle.
- Die voorstel kom dat ons in plaas van slegs 2 interhuisspanne (Mambas en Adders) eerder 3 of meer spanne kry.
75
- Reggie Holmes, muurbalspeler van formaat, verteenwoordig SA internasionaal as lid van die SA-skolespan.
- Bloeiseltyd, die skool se eertse operette word op die planke gebring.
- Die hokkie eerstespan verower die tweede agtereenvolgende jaar die Noord-Transvaal administrateursbeker.
- Die Hoërskool Menlopark skoolkoor word aangewys as die SAUK-taaljaar koorkompetisiewenners
- Die jaarlikse telefoon- en posgeldrekening beloop R644-84.
- Die Hoërskool Menlopark behaal 5% van alle Afrikaanse onderskeidings in Transvaal — 11.
- “Ekselsaamoet amos” en “”Eksel sipatamoes, sweef die hoogste na” (Die leuse volgens ‘n st.6-oriënteringstoets.)
76
- Die eerste hokkie span teken in hul seisoen 28 doele aan (geen een teen hulle nie) en wen die N. Tvl.-kampieonskap.
- Die Hoërskool Menlopark se eerste rugbyspan wen vir die eerste keer die N. Tvl.-Administrateursbeker.
- Vyf vietsreiers trap al die pad kaapstad toe ten bate van die Suiderkruisfonds.
- 77 Peripatus-seunsklub gaan stap die Visrivier-kanjon-staproete en toer die hele SWA (Namibië).
- Ons atlete is die eerste om die seuns- en dogtersafdeling van Nasionale Skole atletiekreeks te Sasolburg te wen.
- Ons netbal eerstespan wen die Noord-Transvaal sowel as die Transvaalliga.
- Die Hoërskool Menlopark wen drie van die vier afdelings by die SA Nasionale landloopreeks in Durban.
- 78
- Gimnasiumapparaat ter waarde van R10 000 (baie vir daardie jare) word aangekoop.
- Die Hoërskool Menlopark het 1480 leerlinge en 67 personeellede.
- Ons skaakspelers wen vir die vierde keer, die afgelope ses jaar, die Noord-Transvaalse Hoërskole-liga.
- David du Plessis en Kenneth Craig toer as lede van die Nasionale jeugorkes na Europa en vaar puik.
- Annette van Tuggergh word die skool se derde Springbok in gimnastiek.
- Vise-admiraal JC Walters, hoof van die vloot, is gasspreker by die matriekafskeid — hy praat oor militêre diensplig.
79
- Jannie Loubser, Prkies se wetenskapreus, wen ‘n landswye Archimedes-kompetisie met sy sondistileerder.
- Die Hoërskool Menlopark se dogterskoor en orkes het ‘n televisieopname vir Met Woord en Lied.
- Francois Erasmus en Anton Bosch ry via Stellenbosch na George fiets en samel so R1 000 vir Prinshoffskool in.
- Sewe Parkie-kanovaarders voltooi die veeleisende Wynland-Bergrivier marathon.
- 24 Parkies vertrek vir 25 dae saam met Skoolreisdiens na Europa en geniet ‘n droomvakansie soos min.
80
- Hennie Jordaan word die eerste leerling wat vir die SA-skole rugbyspan gekies word.
- Die skoolfonds se leerlingbydraes beloop R24 179,65 vir die hele skool, aansienlik meer as 1979 se R15 770-00.
- Die Hoërskool Menlopark se atlete wen vir die vierde agtereenvolgende jaar die Sasol Nasionale kompetisie.
- Junior Springbok, Henk v Niekerk, verteenwoordig SA in die Internasionale Tuimelkampioenskap in die VSA.
- Eranee van Zyl word Die Hoërskool Menlopark se sesde Sprinbokatleet.
- Die Hoërskool Menlopark word vrygestel van die openbare eksamens vir St 10.
- Ons skaakspelers wen vir die vierde agtereenvolgende jaar hul liga.
81
- Die leerlingtaal, op 1 533 is die hoogste ooit in die geskiedenis van die skool.
- Die ’81-matrieks vier hul afskeid in Pelgrimsrus-styl met ‘n Sams-Saloon en selfs ‘n ZAP-polisiestasietjie
- In 1981 skuif die fotostaatprys op na 10c per kopie
- Feesfakkels, ter herdenking van die Voortrekkers se halfeeufees, word op 19 September by die skool ontvang.
- Tien van ons dogtersatlete verteenwoordig Suid-Afrika in Salzburg, Oostenryk.
- Rudolf Straueli word verkies as die 1981 Cravenweek-kaptein.
- Die Hoërskool Menlopark se Eerste krieketspan wend die Noord-Transvaal Adminsitrateursbeker finaal.
- Gerhard v d Walt, Charles Erasmus en Annemarie v d Westhuizen swem vir die SA skolespan in Taiwan .
82
- Vir die sestiende agteenvolgende jaar wen Die Hoërskool Menlopark die interhoër atletiekkompetisie.
- Johan Viljoen wen die Nasionale Wetenskap-Olimpiade.
- Ses van ons hokkiespanne wen die A-bond liga en drie van die ses eindig eerste in Noord-Transvaal.
- Gerhard van der Walt word gekies vir die SA Uitnodigingswemspan na Israel.
- Die fondamente word gelê vir die oprigting van vier muurbalbane en ‘n gimnasium.
Subscribe to:
Posts (Atom)