Friday 8 June 2012

1991 - die nuus, die musiek en die matrieks

Die HS Menlopark in


Die treffers van daardie jaar:

Roxette - "The Big "L""
Paula Abdul - "Promise of a New Day"
Mike & The Mechanics - "A Time and Place"
OMD - "Then You Turn Away"
Huey Lewis and the News - "Hit Me Like a Hammer"
Salt 'N Pepa - "Let's Talk About Sex"
Prophets of Da City - "Jabulani"
Tom Petty - "Into The Great Wide Open"
Army of Lovers - "Crucified"
Lenny Kravitz - "It Ain't Over 'til It's Over"
Right Said Fred - "I'm Too Sexy"
Black Crowes - "Jealous Again"
Voice of the Beehive - "Monsters and Angels"  
Julian Lennon - "Saltwater"
No Friends Of Harry - "Time"
Queen - "Innuendo"
Enigma - "Sadness"
Vanilla Ice - "Ice Ice Baby"
World Party - "Way Down Now"
Boy George - "Bow Down Mister"
UB40 & Robert Palmer - "I'll Be Your Baby Tonight"
OMD - "Sailing The Seven Seas"
Human League - "Soundtrack To A Generation"
MC Hammer - "Pray"
Malcolm McLaren and the World Famous Supreme Team Show - "Aria On Air"
Pet Shop Boys - "Being Boring"
Duran Duran - "Serious"
Dusty Springfield - "In Private"
Dominoe - "Keep The Fire Burning"
Wozani - "Working For Changes"

En die matrieks: 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Sunday 3 June 2012

Van kerskrag tot perdekrag


Kerskrag van 8 vs 1 200 perdekrag


Hierdie dan nou weer eens met die oog op 12 Junie se vergadering om 18:00 by die skool.

Baie van dit waaroor hier gedroom geword, hang 100% van oud-Parkies af om te realiseer. Deur kerskrag aangedryf, gaan daar niks van kom nie.


Op ons vorige vergadering was ons 24 sterk

Elke perd maak 'n verskil


Hoe meer ons egter het om voor te trek, hoe beter.

Dit lyk steeds of ons drie groot verjaarsdagpartytjies gaan hê, drie groot verjaarsdagpartytjies waarvan ons self eersdaags die prentjies sal moet begin skep:

Die opelug Menlofees op die rugbyveld, soortgelyk aan 2003 maar met tien jaar meer ondervinding ook heeltemal anders, is die groot hoogtepunt . Hierdie fees val tradisioneel op die eerste Saterdag in September. Die eerste Saterdag in September 2013 is 8 September. Ek het reeds uit meer as een oord verneem dat jaargroepe begin organiseer om die gedagte van die fees aan soveel as moontlik oudlede bekend te stel. Die alumnikantoor, weet ek, werk hard in hierdie verband.

Formele binnenshuise dinee vir 50 jaar se ondersteunende ouers en moontlik ook laureati, hoë bome, vet bome, bome met lang penwortels en bome met dik bywortels. Die teikenmark is nie suiwer die oud-Parkies nie, maar ook die oud-Parkie-ouers.

‘n Gesellige koek en tee (of strakkies jolige opskop) met 50 jaar se onderwysers. ‘n Gedagte is om die oudonderwysers op die dag van die jaarlikse prestige atletiekbyeenkoms bymekaar te kry. Natuurlik is ‘n oudonderwyser-lapa op die Menlofees nie uitgesluit nie.

Verjaarsdagkersies sal op kleiner skaal ook deur die loop van die jaar deur die verskillende sportsoorte en kultuurbedrywighede aangesteek word. Dit gaan hier om die huldiging van oudspelers en –deelnemers op sekere sportfeesdae. Elke sportsoort kies sy eie dag en datum, ook die vorm wat die geleentheid gaan aanneem. Ons het hier een of twee mense nodig wat dit op hulle sal neem om kontak te maak met al die Springbokke en ander hoë bome. 2013 se sportkalender kom eers in die laaste kwartaal in plek, maar dit help nie ons begin dan eers na die outjies soek nie.

Die outjies wat weer skool toe kom, wil darem nie met leë hande huis toe gaan nie; daar moet iets vir die boekrak en die display cabinet ook wees:

‘n Gedenkreeks van vyf wyne met spesiale feesjaaretikette. Dit wil voorkom asof ons reeds geholpe is wat die wyn betref. Op 40 het ons Bettie Cilliers Barnard gehad om ontwerpmateriaal beskikbaar te stel vir die etikette. Is daar iemand anders? Moet ons by Jana aanklop? Moet ons bloot by die skoolwapen hou?

‘n Gedenkblad wat in faksimileeformaat uit 49 jaar se Kwêvoëls en Eggo’s die halfeeu wat die skool oud is, gedenk.

Die laaste 50 jaar het ons darem ook van Kook en Geniet bevry en het ons die pad met Huisgenoot se Wenresepte, Watertand Wenners en Knuppeldik aan Koningskos gestap tot waar ons vandag is:  in die tou by Woolworths se Woolies Foods (of in die motor by die Drive-Thru). Dit kan nie – hier in die beginjare het pannekoek en kerrie en rys help bou aan bykans elke skool, sy paviljoen of sy saal. Hoe kan ons dan nou 50 jaar in die herinnering roep, as dit nie aan die hand van ‘n retro-kookboek wat op ‘n 21ste-eeuse wyse aangebied word nie!

Terwyl ons nou met die drukkers en uitgewers loop foeter, waarom nie insette en staaltjies uit 50 jaar se penne ook vrystel om aan te herkou nie. Ons praat hier nie van ‘n bundel saamgestel uit die insette wat aangestuur word na die blog nie, dis dan klaar gepubliseer, ons praat hier van ‘n selfstandige bundel stories, gedigte, herinneringe en onthou – nie noodwendig eers rondom die tema van die skool nie, suiwer uit die pen van oudleerders en leerders.

Dan het die wat met die balle en stokke deurmekaar was nou al lekker gekry op die onderskeie sportfeesdae, maar wat van die musieklikes en kunssinniges onder 50 lieflike oesjare?

Natuurlik gaan daar ‘n retrospektiewe kunsuitstalling iewers wees, nie noodwendig in die skoolsaal nie, maar strakkies ‘n ander venue rondom die skool. Ons sit hoeka nou met meer as een teater op ons voordeur.

Die gedagte is om van ons oud-Parkie uitvoerende kunstenaars deur die loop van die jaar in die omgewing te kry en dan ‘n kunsuitstalling met een van die konserte te laat oorvleuel.

Hierdie konserte neig natuurlik na iets wat herinner aan deur-die-oud-Parkies-vir-die-ou-Parkies.

Maar ons huidige leerders wil ook fees vier en Parkietrots bou.

Dis hoekom ons die sportfigure nie eenkant alleen iewers een aand in ‘n saal bymekaar wil kry nie, maar tussen ons leerders op dae wat ons leerders met die stokke en balle en talente woeker.

Ons voorsien daarom ook ‘n massa-kitskoor op die aand van ons jaarlikse koorfees. Die oggend van die fees ontmoet die oudkoorlede iewers en studeer iets in. Maklik sal dit nie wees nie, maar, o, so lekker.

Die uitvoerende komponente van 2013 se Menlovaria gaan straks in die gees van die feesjaar eenmalig ‘n beperking geniet:  ons bly by oud-Parkies in wat ons op- of uitvoer.

Die drama-akademie gaan pa-staan vir ‘n vertolkingsprogram saamgestel uit tekste deur oud-Parkies.  Maar miskien wil van ons oud-Parkies self so huldigingsgeleentheid op die been bring. Sommer aan huis van iemand.

Die idee is nie om die Staatsteater ‘n week lank vol te kry nie, maar om deur die loop van die jaar meer as een kleiner geleentheid te hê waar intiemer gehuldig en gedenk kan word.

Die skool het die afgelope paar jaar ook vier geleenthede waarop die Verrykingsakademie ‘n gasspreker ontvang. Ouers en leerders ontmoet in die ouditorium (wat die meeste van ons as die gimnasium leer ken het) en word verryk. In 2013 gaan ons beslis nie toelaat dat ‘n Affie of Klofie ons kom toespreek nie – dit sal oud-Parkies wat kom kuier.

En dan hoef hulle ook nie net op Verrykingsakademie-aande te kom kuier nie – ons het in die skooljaar talle ander geleenthede (benewens self net Maandagoggende se saalopeninge) waar die huidige geslag met oud-Parkies een kan word.

Ai, en dan is daar nog die Triomfboog, die Gedenknaald, die Erekoepel, die Tempelpoort (so amper praat ek vir hoogdrawende effek van Sarkofagus en Mausuleum ook), overgesetsynde die iets wat op die skoolterrein agter moet bly om ons oor 50 jaar van nou daaraan te herinner dat ons ‘n vreeslike lekker tyd in 2013 gehad het.

Hieroor is nog bittermin gedagtes gewissel – ons wil partytjie hou, ons wil nie geld insamel nie; ons soek die oud-Parkies en nie hul geld nie. So hiervoor gaan begroot moet word.

Maar knoop ‘n beeld of gedenkmuur of iets soortgelyks in die oor – dis onvermydelik dat dit iewers ter tafel gaan kom.

Die skool is egter drie keer so besig as wat hy was toe ek so min as 12 jaar gelede hier aangekom het; ook net onderwysers wat weet hoe druk ‘n onderwyser se program by ‘n voorste skool soos Die Hoërskool Menlopark is.

Ons kan met kerskrag nie die wa deur die drif kry nie; perde en osse is wat ons nodig het. So nie moet daar afgeskaal word, op grootskaal afgeskaal word. En dit verdien die skool nie.



Daarom dan ook dat ons die hande uitsteek op die wyse dat ons dit uitsteek.

Ons skool sal saamstaan
gekleed in wit en blou.
Ons bou saam en werk saam
in trots en in trou.
In wen of verloor
dra die Parkies hul spoor
en streef ons die hoogste na.
Menlo, ons sal jou altyd onthou.
Die tyd gaan verby,
in ons harte sal jy bly;
'n Anker vir jou en vir my.