Uitvoerende kunstenaars


'n Klompie jare gelede stuur 'n oud-Parkie, wat in daardie stadium 'n kind by ons op skool had, berig van 'n befaamde oud-Parkie-musikus wat, jare reeds in Europa en daar vir hom naam gemaak het, gesterf het.

Ek weet van Anneli van Rooyen en Jannie du Toit wat hier matrikuleer het. Koos Kombuis was ook ruklank hier, maar het elders matrikuleer.

Jana Cilliers behoort ook aan ons almal bekend te wees. En die Parkies wat te jonk is haar te herken, sal Amalia Uys ken, en die outjies wat nie van haar weet omdat hulle maar eers verlede jaar matriek geskryf het, sal weer van Stefan Vermaak onthou.

Maar daar is beslis meer, baie meer; die uitvoerende kunste dek ook veel meer as sangers, akteurs en musici.

Maak asseblief van die kommentaar-gerief onder aan hierdie inskrywing gebruik om ons lys so volledig as moontlik te kry. Ek sal nie die kommentaar publiseer nie, maar die inligting gebruik om hierdie blad aan te vul.

Danksy 'n inset van Bobby Thomson weet ek dan nou weer wie die musikus en dirigent was van wie ek destyds gehoor het: Dit is Arnold Bosman, oud-Parkie van 1975 wat op 4 Februarie 2005 oorlede is.

Jannie du Toit
Anneli van Rooyen (1978)
Stefan Vermaak (2010), akteur
Jana Cilliers (1965), aktrise
Koos Kombuis (1972)Amalia Uys (2002), aktrise
Nadine Moore (2008), Radio-verslaggewer
Sarina Johnson (2009), Radio-omroeper
Natania van Heerden,  aktrise in Villa RosaMari Molefe (2004), aktrise in Villa Rosa
Selma van der Vyfer (1976), hoofrol in Ballade vir 'n enkeling

At Botha
Chris van Niekerk
Lauren Copley (1974) Kentucky Blues, It's too late now
Laura de Kock, Radio-omroeper
Elize Lizamore (1972) aktrise ('n Beeld vir Jeannie)

Arnold Bosman (1975), dirigent en musikus

1 comment:

  1. Lauren Copley was 1974 in Matriek.
    Annelie van Rooyen was 1978 in Matriek

    ReplyDelete