Hoë bome

Aan hierdie bladsy se naam sal ons moet werk. My hart wil dit Parkie High-flyers noem, maar ek weet ek stel myself daardeur aan baie kritiek bloot.


Parkie-uitblinkers klink vir my hopeloos te pretensieus en elitisties.


So ek hou maar by "Hoë bome" en hoop die wind hou by hulle verby.


Met hierdie lysie wat ek wil begin, het ek definitief 'n vet bymotief, en ek spel dit sommer uit die staanspoor uit:


Ons het so vier keer elke jaar 'n gesels met ouers en leerders in die ouditorium wat as 'n byeenkoms van die skool se Verrykingsakademie bekend staan. Op sulke aande kom gesels die een of kenner oor die een of ander interessante onderwerp.


Ons het ook twee of drie ander spoggeleenthede elke jaar waar van gassprekers gebruik maak word. So het ons hier ook al met groot trots oud-Parkies op die verhoog en agter die mikrofoon gehad.


Die skool se feesjaar verdien dit dat ons op hierdie geleenthede slegs van oud-Parkies gebruik sal maak. Saalopeninge verleen hul ook tot die bekendstelling van ons oud-Parkies aan die huidige Parkies.


Die doel met die lysie wat ek hier wil begin, is daarom 'n lys van name van mense wat tydens 'n byeenkoms van die Verrykingsakademie, of op 'n ander geleentheid, luister kan verleen.


Help asseblief aan die hand van die kommentaar-geleentheid onder aan die blog.


Ek onderneem om nie die kommentaar te plaas nie, maar die inligting op die betrokke bladsy by te werk.


Die eerste name waarmee ek wegtrek kom van hier.


  • Laurie Dippenaar (1966), stigterlid First Rand Group
  • Calie Pistorius (1975), Visekanselier University of Hull, Verenigde Koninkryk
  • Stefan Swanepoel (1975), besigheidsman, skrywer en motiveringspreker
  • Dawid Bosch (1977), skrywer op die gebied van arbeidswetgewing
  • Johan Scholtz (1980), bankprokureur
  • Edward Webb (1984), kenner op die gebied van toegepaste dierefisiologie en vleiswetenskap
  • Heinrich Regenass (1976), forensiese ouditeur en belastingkenner
  • Lynette Scott (1976) onderhoof by H/S Die Adelaar (Roodepoort)
  • Karel de Pauw (1972) psigiater en nasionale eksaminator in Psigiatrie in Leeds
  • Carolina Koornhof (1976) (nee Zevenbergen) tot onlangs dekaan van die Fakulteit Ekonomie te UP

2 comments:

  1. Nicolaas Kruger was in 1985 in matriek (as ek reg onthou). Hy is vandag die CEO van die Momentum groep. Ek was in 1983 saam met sy suster Ester in matriek.

    ReplyDelete