Friday 13 April 2012

1993 - tien jaar later as gister


As ek in 1993 se nuus rondblaai is die enkele storie wat ek heel eerste herken, die een van die Bobbat-vrou wat met ‘n mes of ding baie lelik onder haar man en sy toebehore ingespring het.

Ek kan my voorstel dat dit die matrieks van daardie jaar ook aan die praat sou had.

1993 was ook die laaste van Cheers en ook Michael Jordan se beroepsloopbaan.

Die jaar se fliek wat vroeg ’94 bekroon is, was Steven Spielberg se Schindler's List wat met die Oscar vir beste fliek en ook vir beste regie weggestap het. Tom Hanks,was die beste akteur vir sy rol in Philadelphia (ek is steeds van mening die VIGS-kwessie, en nie sy spel nie, het hom laat wen, maar dit daar gelaat). Holly Hunter is as beste aktrise aangewys vir haar rol in The Piano.

Ander gewilde flieks was:  Jurassic Park, Mrs. Doubtfire, The Fugitive, The Firm, Sleepless in Seattle, Indecent Proposal, In the Line of Fire, The Pelican Brief, Cliffhanger en Robin Hood: Men in Tights.
Op die musiekfront het ons daardie jaar gedans op en geluister na die volgende liedjies:

  • Apache Indian - "Boom Shack-A-Lak"
  • Arrested Development - "Tennessee"
  • Billy Idol - "Adam In Chains"
  • Blind Melon - "No Rain"
  • Chaka Demus & Pliers - "Tease Me"
  • Charles & Eddie - "NYC"
  • Crowded House - "Distant Sun"
  • Duran Duran - "Ordinary World"
  • East 17 - "Deep"
  • East 17 - "Gold"
  • East Side Beat - "Alive & Kicking"
  • Hothouse Flowers - "An Emotional Time"
  • INXS - "Beautiful Girl"
  • Janet Jackson - "That's the Way Love Goes"
  • Jesus Loves You - "Sweet Toxic Love"
  • Jon Secada - "Do You Really Want Me"
  • Kate Bush - "Rubberband Girl"
  • Lenny Kravitz - "Heaven Help"
  • Maxi Priest - "One More Chance"
  • OMD - "Everyday"
  • Paul McCartney - "Hope Of Deliverance"
  • Pet Shop Boys - "Go West"
  • Peter Gabriel - "Steam"
  • Radiohead - "Creep"
  • Shaggy - "Nice 'N Lovely"
  • Shaggy - "Oh Carolina"
  • Shara Nelson - "Down That Road"
  • Stakka Bo - "Here We Go"
  • Tasmin Archer - "Sleeping Satellites"
  • Tears for Fears - "Cold"
  • The Cult - "Sanctuary '93"
  • The Shamen - "Boss Drum Remix"
  • The Unity Mixers - "Dance Computer '93"
  • UB40 - "Can't Help Falling in Love"
  • Ugly Kid Joe - "Cat's in the Cradle"
  • Vanessa Paradis - "Be My Baby"

Dat Suid-Afrika tien jaar later, na gister se blog-inskrywing rondom die 1983-matrieks, ander daar uit gesien het, is duidelik as ons dieselfde bron wat gister van al die bomme vertel het, besoek:  Suid-Afrika 1993

















Thursday 12 April 2012

1983-matrieks

Die punte moet in en ek het nog merkwerk. Daarom net twee skakels saam met die name en handtekeninge van hierdie jaargroep wat ek en 'n student vandag in 'n afperiode afgetas het. (Geskandeer of selfs ge-scan klink dalk beter.)

1983-treffers
1983 in SA-geskiedenis 

Laasgenoemde is eintlik ook net 'n spul bomme en wanneer hulle afgegaan het.
As jy egter op 20 Mei, toe die bom waarvan die BBC hier praat, afgegaan het, met 'n skolesportspan in die Wimpy gesit het, onthou jy die jaar en die bomme seker effe anders. As jy en die kinders nie terug by die skoolbussie kon kom nie - alles afgekordon - en jy die ouers (voor die koms van selfone) moes bel om die kinders te kom haal, ook die hoof met die boodskap dat die bussie in opdrag van die polisie tot more buite en in die middestad moet slaap, dan onthou jy dit alles seker nader aan die bas.

Nee, dit was nie ek nie, ek het 1982 nog matriek geskryf, 'n kolega van my het haar ervaring met 'n netbalspan egter oor die jare heen al 'n paar keer met my, en in my teenwoordigheid, gedeel.


























Wednesday 11 April 2012

Muntlegging waaroor jare later nog gepraat word


Ek kry die volgende e-pos knap voor die pasafgelope langnaweek wat volgens die onderwysdepartement kwansuis ‘n vakansie was:

Na aanleiding van jou opmerkings oor grafifiti, het jy al afgekom op enige verwysings na ROEP (Revolusionêre Organisasie vir die Eliminasie van Prefekte)wat in 1969 onder Parkies aktief was?
As ek reg onthou was dit 'n geheime groep St. 9's.
Een van hulle hoogtepunte (?) was toe hulle die verfwerk vir 'n muntleging oornag tot groot ontsteltenis van Mnre van Zyl (hoof) en Booysen (onderhoof van "RSA" na "ROEP" )verander het.
Die hele okkasie is toeop hou gesit terwyl die prefekte gepoog het om Republiek-dag te red deur om van die nuwe kunswerk ontslae te raak en die oue terug te kry!
Frans Mohr
1969 Matrieks
Toevallig het ek op ons eerste vergadering verlede kwartaal, vir die eerste keer van ROEP gehoor – weliswaar nie veel meer as wat Frans met ons te deel het nie.
Maar ek is vreeslik opgewonde oor sy e-pos, want dit is presies my droom met hierdie blog – dit moet deur Oud-Parkies, vir Oud-Parkies voorsien word van lekker brokkies en soet herinneringe.
Ek het Menlopark as onderwyser in 2000 leer ken. Ek kan hoogstens in boeke rondkrap en hier kom spoeg en plak; ek weet van Parkies onder die son niks, en my perspektief is die van ‘n onderwyser en nie ‘n oudleerling nie – daarom dat ek opgewonde is oor Frans se e-pos.
Frans, baie dankie – jy het my dag gemaak!
En toe gaan staan en breek my rekenaar die vakansie en kon ek dit nie tóé al plaas nie.
Maar ons is terug by die skool;dis ‘n nagmerrie tot die punte in is, maar ek glo ek sal, met samwerking van die oud-Parkies, weer die kuierblog op dreef kan kry.
Om Frans se vraag te beantwoord:  Ja, ek het al van ROEP gehoor, maar weet niks. Ek sien halsreikend daarna uit om meer daarvan te hore te kom.
Dat die insident ‘n diepe indruk moes gemaak het is duidelik – vandat ek hier is het ons nog nooit juis ‘n formidabele muntlegging gehou nie. Deesdae pak ons blikkieskos in die vierkant uit of stuur sommer die komberse en dinge wat vir liefdadigheid ingesamel word, reguit stoor (klas?) toe. Vandaar die foto’s (en ek wat wonder wie herken die klas hier bo en die skelette wat daar staan).