Thursday, 17 May 2012

1974

Ek was 10.
Wat ek vandag die duidelikste onthou is die geboorte van die Rosenkowitz-sesling, David, Elizabeth, Emma, Grant, Jason en Nicolette op 11 Januarie.
1974 is ook die geboortejaar van die SAP se Narkotikaburo, en volgens party van ons seker ook die begin van die einde van apartheid. Op 25 Oktober vertel Pik Botha aan die VVO dat die Nasionale Party-regering (wat die wit algemene verkiesing in April gewen het) besig is met verreikende (verrykende?) hervormings. 
(Van Junie af was Suid-Afrikaners egter nie meer welkom in Japan nie – geen visums sou aan hulle uitgereik word nie.)
‘n Ander geboorte, of eerder her- of wedergeboorte, in Etiopië , was die van Lucy, die Australopithecus afarensis hominied wat tussen 3.9 en 3 miljoen jaar gelede op die Afrika-vasteland gelewe het.
Nader aan die huis was die ander nuuswaardigheid, naas die sesling, seker die toer deur die Britse en Ierse Leeus, die eerste van sy soort waar die Leeus onoorwonne huis toe gestuur is. Hierdie grepe is die langste wat ek kon opsoor, miskien bring dit ou herinneringe terug:  EEN en TWEE. Dis egter nie plaaslik gelaai nie, maar in Engeland.
Op die treffersparade was die volgende liedjies:
WHY ME - Kris Kristofferson
KUNG FU FIGHTING - Carl Douglas
THE PEACEMAKER - Albert Hammond
SUNDOWN - Gordon Lightfoot
SOLITAIRE - Andy Williams
SEASONS IN THE SUN - Terry Jacks
IF YOU LOVE ME LET ME KNOW - Olivia Newton-John
IF YOU NEED ME - After All
THE AIR THAT I BREATHE - The Hollies
LOVE'S THEME - Love Unlimited Orchestra
HELLO GIRL - Dr Marigolds
LITTLE JIMMY - Gwynneth Ashley-Robin
RING RING - Abba
WATERLOO - Abba
LOVING ARMS - Dobie Gray
CHARLY - Sean Rennie
DAYDREAMER - David Cassidy
PHOTOGRAPH - Ringo Starr
WHEN WILL I SEE YOU AGAIN - The Three Degrees
BAND ON THE RUN - Paul McCartney & Wings

In die flieks het ons gekyk na:

The Sting
The Exorcist
Papillon
Herbie Rides Again
The Great Gatsby
The Godfather, Part II
Murder on the Orient Express

En die Parkie-matrieks wat daardie jaar so lekker rugby gevolg het, musiek geluister en gefliek het, was:

 








Wednesday, 16 May 2012

1971

Jim Fouche was in 1971 ons Staatspresident; BJ Vorster die Eerste Minister. Dis die jaar waarin die 269 meter hoë Hillbrow-toring, waaronder Anton Goosen later jare sy brief vir Simonne geskryf het, voltooi is. Toe was dit nog die J.G. Strijdom-toring genoem;deesdae ken ons dit as die Telkom-toring.

Goeie nuus vir ons matrieks van daardie jaar, maar seker die meeste jong mense in die land, was die feit dat die SAUK, wat toe nog die SAUK was, sy verbod op die speel van die Beatles se musiek, opgehef het.

Winnie Mandela is vir 'n jaar tronk toe gestuur. Arthur Ashe word vroeg in die jaar 'n Suid-Afrikaanse visum op grond van sy velkleur verbied en so verhoed om aan die Afrika Ope Tenniskampioenskap deel te neem.

Kyk ons terug, kan party wil aanvoer dat 1971 die begin van die rekenaarera ingelei het. Texas Instruments kom met die eerste sakrekenaar vorendag. IBM skep die eerste Floppy-disket. In Amerika kry ons die eerste Mikro-prossesseerder en Ray Tomlinson stel ons aan e-pos bekend. Ek was 6 jaar oud en onthou die opwinding rondom die eerste LCD (Liquid Crystal Display) horlosies wat die mark getref het.En sonder dat ons iets daarvan geweet het, terwyl ons nog jare sou moes wag, het die eerste internet-kletskamers die lig gesien.

Die treffers van daardie jaar was:

MAMMY BLUE - Charisma
CO CO - The Sweet
KNOCK THREE TIMES - Dawn
FUNNY FUNNY - The Sweet
PUT YOUR HAND IN THE HAND - Alan Garrity
LOOKY LOOKY - Giorgio
JOY TO THE WORLD - Three Dog Night 
LOOK OUT HERE COMES TOMORROW - The Dealians
YOU - Peter Maffay
A SUMMER PRAYER FOR PEACE - The Archies
I HEAR YOU KNOCKING - Dave Edmunds
NO MATTER WHAT - Badfinger
IF NOT FOR YOU - Olivia Newton-John
HAVE YOU EVER SEEN THE RAIN - Creedence Clearwater Revival
GET ME SOME HELP - Neville Whitmill
BUTTERFLY - Danyel Gerard
DAAR'S NIKS SOOS WARE LIEFDE - Groep Twee
NEVER ENDING SONG OF LOVE - New Seekers
I DID WHAT I DID FOR MARIA - Tony Christie
HOME - Dave Mills

1971 het ook ons eie Springbok Hit Parade-langspelers sien kom. Die eerste is in 1970 uitgereik, maar nommers 2, 3 en 4 het in 1971 die rakke en draaitafels getref. Ek wonder hoeveel van die volgende matrieks het een van daardie draagbare draaitafels gehad waarop gereeld musiek gemaak is:



















Tuesday, 15 May 2012

1990


Vandag, in 1990 is hierdie portretskildery van Dr. Gachet deur Vincent van Gogh vir die destydse rekordbedrag van $82 500 000 van die hand gesit.

Egter seker 'n minderheid wat daarvan sou gepraat het. Op ons lippe, destyds, was seker eerder die selfmoord van die pedofiel, Gert van Rooyen, na hy sy medepligtige, Joey Haarhoff, om die lewe gebring het.

Dit was 'n gebeurtenisvolle jaar:  Nelson Mandela is vrygelaat, PW Botha het bedank, Dirk Coetzee getuig oor Vlakplaas voor die Harms-kommissie, Suid-Wes-Afrika verkry onafhanklikheid van die VN en die Suid-Afrikaanse magte begin uit die land onttrek.

In die flieks kon ons wegkom van alles wat in die land en om ons gebeur het. Gewilde flieks, daardie jaar, was:  Goodfellas, Edward Scissorhands, Home Alone, Pretty Woman, The Godfather: Part III, Die Hard 2, The Hunt for Red October, Dances with Wolves, Kindergarten Cop, en Bird on a Wire.

Now that is what I call music 13 en 14 het die volgende snitte opgehad:

Paula Abdul Duet with The Wild Pair - "Opposites Attract"
Milli Vanilli - "All Or Nothing"
UB40 - "Kingston Town"
Pandora's Box - "Good Girls Go To Heaven (Bad Girls Go Everywhere)"
The Mission - "Butterfly On A Wheel"
Belinda Carlisle - "Runaway Horses"
The Cult - "Sweet Soul Sister"
Cinema - "Fire Of Love"
Roxette - "Dangerous"
Natalie Cole - "Wild Women Do"
Paul Carrack - "I Live By The Groove"
Katrina And The Waves - "Rock 'N Roll Girls"
Gary Moore - "Oh Pretty Woman"
Sandra - "Hiroshima"
Gorky Park - "Bang"
No Friends Of Harry - "Present Has Passed" (Remix)
M.C. Hammer - "U Can't Touch This"
Soul II Soul - "Get A Life"
Dominoe - "Angel Don't Cry"
Wilson Phillips - "Release Me"
F.A.B. featuring M.C. Parker - "Thunderbirds Are Go"
Propaganda - "Heaven Give Me Words"
Roxette - "It Must Have Been Love"
Loose Ends - "Don't Be A Fool"
Snap - "Ooops Up"
Poison - "Unskinny Bop"
Heart - "I Didn't Want To Need You"
Gary Moore - "Walking By Myself"
Dusty Springfield - "Reputation"
World Party - "Put The Message In The Box"
Partners In Kryme - "Turtle Power"
Celtic Rumours - "Wishing I Was Lonely"


Ek wonder skielik waar die matriekafskeid daardie jaar gehou is, en op watter van die treffers die volgende matrieks daardie aand gedans het: