Tuesday 17 April 2012

Die eerste 10 jaar

Bloot prikkels om die herinnering in te skop.
En moenie huiwer om aan te vul nie.


1963
  • Die Hoërskool Menlopark open met 371 leerlinge, 12 personeel en 12 voltooide klaskamers.
  • Maretha Coetzee (onderhoofmeisie in 1965) is die eerste leerling wat die Menloparkse Hoërskool inskryf.
  • Die skool word op 1 November amptelik in gebruik geneem, die nuwe aanbouings op 18 September 1971.

1964
  • Die “Kwêvoel”, ons eerste tydskrif/jaarblad verskyn. Dis 17 getik en afgerolde bladsye dik en kos 5c.

1965
  • Die hokkkieseisoen eindig met ‘n wedstryd teen die onnies — die onnies wen 1-0.
  • Die eerste Eggo sien die lig, vier uitgawes elke jaar. Dis nou 24 bladsye dik en kos steeds 5c.
  • Die skool het sy eerste matrikulante, hulle het in standerd 8 (graad 10) saam met die skool begin.
  • Op 1 Maart word elke leerling in die skool se tande deeglik deur ‘n provinsiale geneeskundige span ondersoek.
  • Standerd 10A1 val die besondere eer te beurt om R34-60 met hul Vrydag koekverkoping in te samel.
  • Die eerste Afrikaanse debatsaand vind plaas. Die onderwerp:  Wat is die beste troeteldier, ‘n kat of ‘n hond?
  • Die vise-hoof, Mnr JJ Botha, skryf die skool se amptelike skoollied.
  • 18 rugbyspelers toer deur SWA (Namibië), hulle wen een van hul vier wedstryde
  • Deetlef Prozesky word die eerste matrikulant met sewe onderskeidings— hy ontvang ‘n kontantbedrag van die bank.

1966
  • Jannie Louw en Gustav Joyce word die eerste seuns om in twee sportsoorte Noord-Transvaalse kleure te verwerf.
  • Pieter van Niekerk word gekies as die aanvangskolwer vir die Afrikaanse Stadsskole Nuffield-kompetisie.
  • Die eerste Menlovaria-aand word gehou. Daar was destyds nog ‘n Volkspele-afdeling.
  • Claudie van Straaten (later Springbokatleet) stel haar eerste, van talle skolerekords, op.

1967
  • Die skool se eerste standerds sesse is vanjaar in matriek.
  • Jeanne Bathgate is die eerste Standerd 6-leerling wat by die Menloparkse Hoërskool inskryf.
  • Die Hoërskool Menlopark wen sy eerste Transvaalse administrateursbeker — vir gimnastiek.
  • Die padpatrollie, wat toesien dat die leerders ongelukvry die pad oorsteek, staan 22 seuns sterk.
  • Na Vrydagaand se afskeid word al die matrieks Saterdag Hartebeespoortdam toe gery met die bus vir ‘n vrugtefees.
  • Die skool se eerste  kermis, met tombola, ‘n spookhuis, kussinggevegte en baie kos, samel R3 000 in.
  • Die Hoërskool Menlopark wen vir die eerste keer die Atletiek interhoërkmpetisie op Pilditch.

1968
  • Die matriekafskeid (in die skoolsaal) het die ruimte-eeu as tema — die kunsleerlinge sorg vir die versiering.
  • Die skool in R 5 024-00 aan skoolfonds, die skool se vervoeruitgawes vir die hele jaar beloop R761-66.
  • Die matriekdans word in die Duitse Klubsaal gehou, ‘n onderwyser, Mnr Goris, en sy orkes sorg vir die musiek.

1969
  • Die Hoërskool Menlopark kry na ses jaar sy eerste adjunkhoof, Mnr R G Visagie.
  • Pierre Cilliers wen die junior afdeling van die Transvaalse latyn-leeskompetisie.
  • Die skool het na ses jaar reeds R108-69 gespaar vir die swembadfonds.

1970
  • P van Schaik word die eerste Voortrekker aan wie ‘n Presidentsverkennerstoekenning gemaak word.
  • Annemarie du Toit en Pierre Beukes se skoolromanse is die eerste wat uithou en Desember op ‘n huwelik uitloop.
  • Claudie van Straaten word die vinigste dogter in haar ouderdomsgroep ter wêreld.
  • Pierre Cilliers behaal die hoogste punte in matriek van alle Afrikaanssprekendes in Transvaal.
  • Lynnpark slaghuis skenk R25-00 aan die skoolfonds en word in die jaarblad amptelik daarvoor bedank.

1971
  • Daar word fluks gevorder met die bou van die skoolsaal adminsitratiewe blok en 18 nuwe klaskamers.
  • Die Hoërskool Menlopark se judoklub word gevestig met Barend Schutte (oud-Sa-kampioen) as hulpafrigter.
  • Ons kry ons heel eerste dogters drilpeloton en op 26 Oktober marsjeer hul saam met die seuns en die kadetorkes.
  • Die tweedehandse boeketafel sorg vir bykans 10% van die kermis se totale inkomste — R108-00 uit R1 800.

1972    
  • Die olimpiese standaard swembad word ingebruik geneem.
  • Die Hoërskool Menlopark het R50-77 in sy spaarrekening en netbal toon ‘n inkomste van R14-45.
  • ‘n Blokkiesraaiselkompetisie samel R5 000-00 skoolfonds in, die prys uitgeloof was ‘n splinternuwe motorvoertuig.
  • Skoliere kla dat hulle nie weet wat om Saterdae-aande te doen nie — die skool reël ‘n skyfievertoning oor Rooi Sjina.
  • Motorafdakke word teen R15-00 aan personeellede verkoop — as hy/sy verplaas word, word dit herverkoop.
  • Addisionele Wiskunde (ook genoem Differensiaal- en inbegraalrekening) word as sewende vak ingevoer.

No comments:

Post a Comment