Wednesday 16 May 2012

1971

Jim Fouche was in 1971 ons Staatspresident; BJ Vorster die Eerste Minister. Dis die jaar waarin die 269 meter hoë Hillbrow-toring, waaronder Anton Goosen later jare sy brief vir Simonne geskryf het, voltooi is. Toe was dit nog die J.G. Strijdom-toring genoem;deesdae ken ons dit as die Telkom-toring.

Goeie nuus vir ons matrieks van daardie jaar, maar seker die meeste jong mense in die land, was die feit dat die SAUK, wat toe nog die SAUK was, sy verbod op die speel van die Beatles se musiek, opgehef het.

Winnie Mandela is vir 'n jaar tronk toe gestuur. Arthur Ashe word vroeg in die jaar 'n Suid-Afrikaanse visum op grond van sy velkleur verbied en so verhoed om aan die Afrika Ope Tenniskampioenskap deel te neem.

Kyk ons terug, kan party wil aanvoer dat 1971 die begin van die rekenaarera ingelei het. Texas Instruments kom met die eerste sakrekenaar vorendag. IBM skep die eerste Floppy-disket. In Amerika kry ons die eerste Mikro-prossesseerder en Ray Tomlinson stel ons aan e-pos bekend. Ek was 6 jaar oud en onthou die opwinding rondom die eerste LCD (Liquid Crystal Display) horlosies wat die mark getref het.En sonder dat ons iets daarvan geweet het, terwyl ons nog jare sou moes wag, het die eerste internet-kletskamers die lig gesien.

Die treffers van daardie jaar was:

MAMMY BLUE - Charisma
CO CO - The Sweet
KNOCK THREE TIMES - Dawn
FUNNY FUNNY - The Sweet
PUT YOUR HAND IN THE HAND - Alan Garrity
LOOKY LOOKY - Giorgio
JOY TO THE WORLD - Three Dog Night 
LOOK OUT HERE COMES TOMORROW - The Dealians
YOU - Peter Maffay
A SUMMER PRAYER FOR PEACE - The Archies
I HEAR YOU KNOCKING - Dave Edmunds
NO MATTER WHAT - Badfinger
IF NOT FOR YOU - Olivia Newton-John
HAVE YOU EVER SEEN THE RAIN - Creedence Clearwater Revival
GET ME SOME HELP - Neville Whitmill
BUTTERFLY - Danyel Gerard
DAAR'S NIKS SOOS WARE LIEFDE - Groep Twee
NEVER ENDING SONG OF LOVE - New Seekers
I DID WHAT I DID FOR MARIA - Tony Christie
HOME - Dave Mills

1971 het ook ons eie Springbok Hit Parade-langspelers sien kom. Die eerste is in 1970 uitgereik, maar nommers 2, 3 en 4 het in 1971 die rakke en draaitafels getref. Ek wonder hoeveel van die volgende matrieks het een van daardie draagbare draaitafels gehad waarop gereeld musiek gemaak is:



















No comments:

Post a Comment