Thursday 17 May 2012

1974

Ek was 10.
Wat ek vandag die duidelikste onthou is die geboorte van die Rosenkowitz-sesling, David, Elizabeth, Emma, Grant, Jason en Nicolette op 11 Januarie.
1974 is ook die geboortejaar van die SAP se Narkotikaburo, en volgens party van ons seker ook die begin van die einde van apartheid. Op 25 Oktober vertel Pik Botha aan die VVO dat die Nasionale Party-regering (wat die wit algemene verkiesing in April gewen het) besig is met verreikende (verrykende?) hervormings. 
(Van Junie af was Suid-Afrikaners egter nie meer welkom in Japan nie – geen visums sou aan hulle uitgereik word nie.)
‘n Ander geboorte, of eerder her- of wedergeboorte, in EtiopiĆ« , was die van Lucy, die Australopithecus afarensis hominied wat tussen 3.9 en 3 miljoen jaar gelede op die Afrika-vasteland gelewe het.
Nader aan die huis was die ander nuuswaardigheid, naas die sesling, seker die toer deur die Britse en Ierse Leeus, die eerste van sy soort waar die Leeus onoorwonne huis toe gestuur is. Hierdie grepe is die langste wat ek kon opsoor, miskien bring dit ou herinneringe terug:  EEN en TWEE. Dis egter nie plaaslik gelaai nie, maar in Engeland.
Op die treffersparade was die volgende liedjies:
WHY ME - Kris Kristofferson
KUNG FU FIGHTING - Carl Douglas
THE PEACEMAKER - Albert Hammond
SUNDOWN - Gordon Lightfoot
SOLITAIRE - Andy Williams
SEASONS IN THE SUN - Terry Jacks
IF YOU LOVE ME LET ME KNOW - Olivia Newton-John
IF YOU NEED ME - After All
THE AIR THAT I BREATHE - The Hollies
LOVE'S THEME - Love Unlimited Orchestra
HELLO GIRL - Dr Marigolds
LITTLE JIMMY - Gwynneth Ashley-Robin
RING RING - Abba
WATERLOO - Abba
LOVING ARMS - Dobie Gray
CHARLY - Sean Rennie
DAYDREAMER - David Cassidy
PHOTOGRAPH - Ringo Starr
WHEN WILL I SEE YOU AGAIN - The Three Degrees
BAND ON THE RUN - Paul McCartney & Wings

In die flieks het ons gekyk na:

The Sting
The Exorcist
Papillon
Herbie Rides Again
The Great Gatsby
The Godfather, Part II
Murder on the Orient Express

En die Parkie-matrieks wat daardie jaar so lekker rugby gevolg het, musiek geluister en gefliek het, was:

 








No comments:

Post a Comment