Tuesday 19 June 2012

Advertensietaal uit die oude doos

Beide tekste dateer uit 1972. Beide tekste spreek boekdele. Ja, ek het die tweede stukkie gister geplaas, maar ek kan steeds nie glo dat so iets destyds moontlik geag is nie.

Ek wonder ook hoeveel vrugte Sanet Te Groen se advertensie afgewerp het. Hierdie advetertensie is tussen die atletiekitems van die 1972-Menloparkse Hoërskool Byeenkoms van Kampioenskole geplaas.

 


Samewerking tussen die gemeenskap (ouergemeenskap / besigheidsgemeenskap?) en die skool is die vertrekpunt as jy wil agterkom watse poteniaal jou kind het. En daardie potensiaal wat jy danksy hierdie samewerking agterkom die kind het, help op sigbare/herkenbare/so dat dit herkenbaar is (kennelike?) wyse, dat daardie potensiaal verwesenlik. En dan help die voorafgaande twee prosesse of gebeurlikhede nou die onderwyser voor in die klas om die kind 'n vlagskip van die skool, die gemeenskap en sommer die hele land te maak.

Of so iets.

Dis nou al 'n paar jaar, eintlik al 'n hele paar jaar, dat die kinders nie meer weet van "uit de oude doos" nie.

Nou wonder ek of die laaste 10 jaar se Parkies hier gaan lees omdat hulle nuuskierig is, en of hulle gaan lees omdat hulle geïnteresseer is in advertensies uit toeka se dae.

En so gepraat, wonder ek of die storie rondom die Gideons waar is of nie.

Hierdie ou vertel die storie. Beweeg jy af na storie 586 op hierdie bladsy, is daar iemand wat dit aan Menlopark koppel.

Maar dan haal die vent ook maar net 'n grappie aan wat op 60 soortgelyke plekke vertel word. (Miskien moet ek al 60 opvolg en kyk of die eerste vent wat die storie aan die groot klok gehang het, 'n Parkie was.)

Dis al by herhaling as die waarheid aan my voorgehou, ook die ontstaan daarvan op ons verhoog, maar ek glo eerder in die tandemuis, voor ek daardie storie glo.

No comments:

Post a Comment