Tuesday 12 June 2012

Die tweede dekade

73
  • Ses 4x4’s vetrek op ‘n akademiese uitstappie na Botswanna en die Kalahari
  • Menlovaria-klub bring Skaespeare se Romeo and Juliet op die planke.
  • Die leerlingtal groei in 10 jaar van 372 leerlinge tot 1076.

74
  • Die atletiekspan staan na 8 interhoër5-oorwinnings as “Room van die volk” in die Eggo bekend.
  • Na 11 jaar word daar begin met die oprigting van die pawiljoene, die R30 000 hiervoor plaas tartanbane opsy.
  • ‘n Konvooi Landrovers vertrek op ‘n Okavango-toer, huis toe via Rhodesië (Zimbabwe) en die Victoria watervalle.
  • Die voorstel kom dat ons in plaas van slegs 2 interhuisspanne (Mambas en Adders) eerder 3 of meer spanne kry.

75
  • Reggie Holmes, muurbalspeler van formaat, verteenwoordig SA internasionaal as lid van die SA-skolespan.
  • Bloeiseltyd, die skool se eertse operette word op die planke gebring.
  • Die hokkie eerstespan verower die tweede agtereenvolgende jaar die Noord-Transvaal administrateursbeker.
  • Die Hoërskool Menlopark skoolkoor word aangewys as die SAUK-taaljaar koorkompetisiewenners
  • Die jaarlikse telefoon- en posgeldrekening beloop R644-84.
  • Die Hoërskool Menlopark behaal 5% van alle Afrikaanse onderskeidings in Transvaal — 11.
  •  “Ekselsaamoet amos” en “”Eksel sipatamoes, sweef die hoogste na” (Die leuse volgens ‘n st.6-oriënteringstoets.)

76
  • Die eerste hokkie span teken in hul seisoen 28 doele aan (geen een teen hulle nie) en wen die N. Tvl.-kampieonskap.
  • Die Hoërskool Menlopark se eerste rugbyspan wen vir die eerste keer die N. Tvl.-Administrateursbeker.
  • Vyf vietsreiers trap al die pad kaapstad toe ten bate van die Suiderkruisfonds.
  •  
  • 77 Peripatus-seunsklub gaan stap die Visrivier-kanjon-staproete en toer die hele SWA (Namibië).
  • Ons atlete is die eerste om die seuns- en dogtersafdeling van Nasionale Skole atletiekreeks te Sasolburg te wen.
  • Ons netbal eerstespan wen die Noord-Transvaal  sowel as die Transvaalliga.
  • Die Hoërskool Menlopark wen drie van die vier afdelings by die SA Nasionale landloopreeks in Durban.
  •  
  • 78
  • Gimnasiumapparaat ter waarde van R10 000 (baie vir daardie jare) word aangekoop.
  • Die Hoërskool Menlopark het 1480 leerlinge en 67 personeellede.
  • Ons skaakspelers wen vir die vierde keer, die afgelope ses jaar, die Noord-Transvaalse Hoërskole-liga.
  • David du Plessis en Kenneth Craig toer as lede van die Nasionale jeugorkes na Europa en vaar puik.
  • Annette van Tuggergh word die skool se derde Springbok in gimnastiek.
  • Vise-admiraal JC Walters, hoof van die vloot, is gasspreker by die matriekafskeid — hy praat oor militêre diensplig.

79
  • Jannie Loubser, Prkies se wetenskapreus, wen ‘n landswye Archimedes-kompetisie met sy sondistileerder.
  • Die Hoërskool Menlopark se dogterskoor en orkes het ‘n televisieopname vir Met Woord en Lied.
  • Francois Erasmus en Anton Bosch ry via Stellenbosch na George fiets en samel so R1 000 vir Prinshoffskool in.
  • Sewe Parkie-kanovaarders voltooi die veeleisende Wynland-Bergrivier marathon.
  • 24 Parkies vertrek vir 25 dae saam met Skoolreisdiens na Europa en geniet ‘n droomvakansie soos min.

80
  • Hennie Jordaan word die eerste leerling wat vir die SA-skole rugbyspan gekies word.
  • Die skoolfonds se leerlingbydraes beloop R24 179,65 vir die hele skool, aansienlik meer as 1979 se R15 770-00.
  • Die Hoërskool Menlopark se atlete wen vir die vierde agtereenvolgende jaar die Sasol Nasionale kompetisie.
  • Junior Springbok, Henk v Niekerk, verteenwoordig SA in die Internasionale Tuimelkampioenskap in die VSA.
  • Eranee van Zyl word Die Hoërskool Menlopark se sesde Sprinbokatleet.
  • Die Hoërskool Menlopark word vrygestel van die openbare eksamens vir St 10.
  • Ons skaakspelers wen vir die vierde agtereenvolgende jaar hul liga.

81
  • Die leerlingtaal, op 1 533 is die hoogste ooit in die geskiedenis van die skool.
  • Die ’81-matrieks vier hul afskeid in Pelgrimsrus-styl met ‘n Sams-Saloon en selfs ‘n ZAP-polisiestasietjie
  • In 1981 skuif die fotostaatprys op na 10c per kopie
  • Feesfakkels, ter herdenking van die Voortrekkers se halfeeufees, word op 19 September by die skool ontvang.
  • Tien van ons dogtersatlete verteenwoordig Suid-Afrika in Salzburg, Oostenryk.
  • Rudolf Straueli word verkies as die 1981 Cravenweek-kaptein.
  • Die Hoërskool Menlopark se Eerste krieketspan wend die Noord-Transvaal Adminsitrateursbeker finaal.
  • Gerhard v d Walt, Charles Erasmus en Annemarie v d Westhuizen swem vir die SA skolespan in Taiwan .

82
  • Vir die sestiende agteenvolgende jaar wen Die Hoërskool Menlopark die interhoër atletiekkompetisie.
  • Johan Viljoen wen die Nasionale Wetenskap-Olimpiade.
  • Ses van ons hokkiespanne wen die A-bond liga en drie van die ses eindig eerste in Noord-Transvaal.
  • Gerhard van der Walt word gekies vir die SA Uitnodigingswemspan na Israel.
  • Die fondamente word gelê vir die oprigting van vier muurbalbane en ‘n gimnasium.


No comments:

Post a Comment