Natuurlik sal R6 638-92 vir 'n ganske skool oor 'n hele jaar en vyf grade heen, lagwekkend belaglik kontrasteer met die R19 420-00 wat een enkele leerder se skoolfonds 50 jaar later is - daar lê immers 50 finansiële boekjare tussen die twee bedrae uitgestrek.
Dat jy egter jaarlank 'n snoepwinkel teen 'n winsgrens van 1.25%, 'n skrale R10-26, bedryf het, val 50 jaar later vreemd op die oog.
Ek wonder wat het rondom die tennisbane skeefgeloop dat prokureursuitgawes van 'n volle R3-15 aangegaan moes word.
Terloops, vir die van ons wat nie tans kinders in die Menlo-omgewing op hoërskool het nie: ons skoolfonds is geensins die hoogste nie.
En ek wonder of dit ooit was.
No comments:
Post a Comment