Monday 19 March 2012

Francois Jacobcz (1978) laat weet

Goeie middag

Ek is 'n 1978-matrikulant. Ons groep was die merkwaardigste groep matrikulante ooit. Daar was 236 van ons met ‘n 100% slaagsyfer en net 'n handjievol wat nie volle universiteitsvrystelling gekry het nie. Daar was bekendes in ons groep soos Henning Gericke, Werner Stals en ander junior Springbokke. Annalie van Rooyen was ons hoofdogter gewees. Ons groep was die oorsaak dat 40 day-vieringe by alle TOD-skole verbied is, aangesien een van die onderwysers wat nie wou swem nie en toe slanerig geraak het, met 'n gebreekte kakebeen daarvan afgekom het. Dit was destyds op die voorblad van Hoofstad (Beeld se voorloper) asook die Citizen. As julle nog inligting soek, kan ek julle met nog stories en kontakpersone help.

Groete
Francois

Francois, jy maak my dag, nie my dag nie, my naweek en my hele week - dit is presies die rede waarom ek gedink het om aan die hand van 'n blog te kommunikeer:  om onder andere ook 'n platform te skep waar oud-Parkies herinneringe kan deel.

Ja, dis mondstuk vir die feesjaarvieringe waarby baie partye betrokke is, maar meer as dit. Ek hoop en wens en vertrou dat meer met verloop van tyd sal doen wat jy gedoen het.

Baie dankie, ons sien uit na nog stories en hoop jy kry die boodskap by so veel as moontlik van jou skoolpelle uit.

1 comment:

  1. Ek dink ook dat die 1978 matrieks die eerste is wat nie-amptelik bloktyd tydens eksamens ingestel het. Vir eens het die "rokers" en "atlete" saamgestaan en nie skool bygewoon op dae wat ons nie geskryf het nie. Dit was die voorloper van "bloktyd" wat vandag 'n algemene gebruik is.

    ReplyDelete