Friday 23 March 2012

Lentedag 1967 (1)






As iemand 'n naam herken, laat weet asseblief dat dit aangeteken kan word. Alet de Wet laat weet dat een van die twee mans hier voor die adjunkhoof, en pa van At en Arno, mnr. Botha, is. Links agter is mnr. Thys Malan (standerd 8U1 se registeronderwyser). Hy het ook Wiskunde gegee.

Ek raak skoon nostalgies

Wat sou van daardie roset geword het? En waarom daardie roset? Wat is dit met die Gemsbokke en die Koedoes? Ek hoor ons was die Mambas en die Adders voor ons die Griekse stamme geword het, so vanwaar die bokke? Hierdie is, as ek die boodskap reg lees, Paul Zietsman se jonger sussie, Annette.


Ek is nie eers seker waar hierdie foto geneem is nie. Hier is foto's wat lyk of dit geneem is waar die saal se ingangsportaal vandag is.



Die voorslagbakster heel voor se vlegsel val my op. Straks is haar agterkleinkinders ook al hier op skool gewees. Behalwe as ek die verkeerde foto beet het, is Ella de Vos en Hannetjie Pieterse se moeders hier aan die bak en bedien.

Waardeer asseblief die Jasmyn wat om die paal geveleg is - dis lentedag. Kyk en na die moeders en registreer ek die voorskote, weet ek dis 'n era wat vir altyd verby is. Ons moeders ploeg nog net so baie in, maar anders, op ander maniere en aan die hand van anderster insette.


1 comment:

  1. Alet Nel (de Wet)26 March 2012 at 12:54

    Heel eerste foto herken ek al Mnr. Botha –(adjunkhoof & pa van At en Arno Botha). Buite skietkamp is Mnr Thys Malan te sien; was ons klasonderwyser (toe Std 8-U1) & my Wiskunde-onderwyser tot-en-met Std 9)

    Verderaan: dotertjie L. voor & prominent: Annette Ziestsman (std 6 & sussie van my jarelange skoolkys, Paul)

    Bakkende/bedienende ma’s: Ma’s van Ella de Vos (Marie) en Hannetjie Pieterse (onthou nie haar naam meer nie)

    ReplyDelete